Vir ons Jeug
Kleuterbegeleiding.
Daar is weer vanoggend kleuterbegeleiding tydens die diens. Ouers kan kinders van 4 jaar tot gr 2 voor die diens neem na die katkisasielokaal aan die westekant van die saal waar verskeie elemente van die diens op hulle vlak hanteer word.
Gewysigde katkisasierooster vir res van die jaar.
1 September: Les 22
8 September: Les 23
15 September: Nagmaal
22 en 29 September: Skoolvakansie
6 Oktober: Les 24
13 Oktober: Les 25 en Afsluiting
Filii Dei Jeugaksie:
Ons volgende byeenkomste is soos volg:
13 September 2024
18 Oktober 2024 – Afsluiting
Dis amper weer tyd vir WWeSS-kamp.
Hierdie is ‘n spesiale kamp vir alle Werkende Wesens (jongwerkendes) en Senior Studente.
Elke jaar is hierdie kamp vir elkeen wat dit bywoon, ‘n wonderlike wegbreek- en groeigeleentheid.
Deur die loop van die naweek is daar geleentheid vir toerusting, Bybelstudie, gebed en lofprysing.
Ons werk tipies in die oggende en hou die middae ná 13:00 oop vir verkenning, perdry, rolbal, gholf, ziplyn, rotsklim, “white water rafting” met binnebande, roofvoël demonstrasies, pieknieks en sommer net saamkuier met geloofsvriende.
DATUM: 21-24 September 2024
PLEK: Bergventure (Sentrale Drakensberge)
KOSTE: R1 300 p.p. (sluit verblyf en etes in)
INSKRYWINGS: https://rb.gy/n035b7