Filii Dei – God se kinders
Hiedie is ons gemeente se sosiale jeugaksie en is vir alle kinders en jeug, vanaf laerskool, regdeur tot hoërskool en naskool.
Ons kom een keer per maand bymekaar vir 2ure, 17:00 tot19:00 waartydens ons kuier, spletjies speel, lekker eet en nuwe dinge uit God se Woord leer.
Ons gaan ook op uitstappies na die dieretuin, waar ons aan die pretstap deelneem en die ouers ook sommer ‘n kans kry om saam te kuier.
Die aksie is gratis en word aangebied deur vrywilligers uit die gemeente.
Vir meer inligting, kontak gerus Caréna op 083-618-7678 of e-pos: carena@gksilverton.co.za
Volgende Filii Dei Jeugaksie:
Vrydag 29 Mei 2026 vanaf 17:00 tot 19:00
Skakelpersoon: Caréna: 083-618-7678