Nuut: Kunsvlyt “craft” oggende:
Thea Dewes bied ‘n kunsvlytoggend aan elke derde Saterdagoggend van die maand, tydens skooltermyne, tussen Februarie en Oktober.
Kom soos jy is. Benodighede word gratis voorsien.
Donasies is wel welkom vir aankope van nuwe voorraad en alle eksta donasies gaan na die kombuisfonds.
Hierdie is ‘n heerlike ontspannende oggend,
met die fokus op lekker kuier en kreatief wees.
Vir meer inligting, kontak gerus vir Thea 083-236-7120