6Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang. Psalm1:6
Verwelkomingswoorde.
Baie hartlik welkom aan almal in ons erediens, lidmate, kinders en besoekers! Ons is vol vreugde in ons harte as kinders van die Here. Ons wil Hom hier saam met oorgawe en blye harte dien deur die werking van die Heilige Gees. Mag Hy ons ryklik seën in hierdie erediens, mag ons Hom waarlik saam ontmoet en mag ons elkeen hier in ons geloof opgebou en versterk word. So sal ons in die res van die week sy getuies kan wees deur ons woorde en ons dade, tot opbou van sy koninkryk en tot eer van sy Naam.
Ons erediens vanoggend:
Waargenem deur Dr. Cassie Aucamp
- Votum en seëngroet
- Lofpsalm:118:12 en 14
- Geloofsbelydenis
Bely saam: Skb.12-2:1 en 4
- Die Wet (Eks.30)
Antwoord:Ps.79:5 en 6 (Melodie Bly by my Heer)
- Skriflesing: 126. (1953 vertaling)
- Teks: Ps.126:1,4 en 6.
- Sing: 126:1,2 en 3. (Tweede melodie. Ou Liederewysie)
Tema: Gebed dat God lewe gee waar die dood geheers het.
Gebed
- Kollekte?
- Antwoordlied:84:3 en 4.
- Groetseën
Kort opsomming van preek Ps. 126.
Preek tema:
Gebed dat God lewe gee waar die dood geheers het.
In drie treffende beelde word die digter se belewing van die Here se pad met sy volk in Psalm 126 beskryf:
- ‘n Droom wat waar geword het.
- Wateruit die dorre aarde.
- Die saad wat met hartseer maar met vaste verwagtig gesaai word..
Ek weet nie of julle hierdie kan gebruik nie.
‘n Droom: Toe die Here die lot van sy volk verander het en hulle uit die ballingskap verlos het was dit vir hulle soos ‘n blye droom: te goed om waar te wees. Jy ken dit mos ook: daardie wonderbare verlossing uit jou nood. Weet: dis van die Here.
‘n Waterstroom:Duidelik het hul lot weer verander. Nou bid hy dat die Here weer hul lot sal verander soos waterstrome wat aan die dorre Suidland weer lewe gee. Ja, dit kan gebeur – dat die droom verby is. Dat jy weer in die noutes verkeer. Dan is daar net een antwoord: Bid tot die Here. Hy alleen kan lewe gee uit die dood.
‘n Saaier: En as ek in my nood tot Hom bid, is dit dan ‘n skoot in die donker? Nee, dis ‘n geloofsdaad. Soos die saaier wat saai. En uit die dorre saad kom weer lewe, die goue gerwe op die land. Want ons Here Jesus het dit kom waarmaak, lewe uit die dood. Hy was nie net die saaier nie, Hy was self die saad, wat gesterf het, in die grond. Maar wat lewend opgestaan hete n vir ons die lewe gee sodat strome lewende water uit ons binneste vloei.
Lief en leed.
Baie geluk aan Edward Liebenberg wat sy leerlinglisensie geslaag het. Veilig ry.
Laat ons getuies wees na buite!
In 2 Kor. 4:13 staan daar: Daar staan in die Skrif: Ek het geglo, daarom het ek gepraat. Ons het dieselfde Gees wat die geloof wek, en ons glo, daarom praat ons ook. Geloof en getuig of praat gaan saam. Die Bybel ken nie ware Christengelowiges wat swyg oor die waarhede van die evangelie nie. Die Een wat hierdie samehang van geloof en getuig laat plaasvind is die Heilige Gees wat in ons woon. Dit blyk so mooi uit Paulus se woorde wat ons hierbo aangehaal het. Die Heilige Gees gee geloof in ons harte en die Heilige Gees laat ons ook praat oor daardie geloof en maak ons tot getuies van Christus rondom ons. Laat ons nooit ophou om ook hiervoor te bid nie. Dat die Heilige Gees ons vul, ons beheers, ons in staat stel om ware en vrymoedige getuies van die Here en sy Woord rondom ons te wees teenoor diegene wat ons lewenspaaie kruis.
Kleuterbegeleiding
Daar is weer vanoggend kleuterbegeleiding vir kindertjies van 4 jaar oud tot gr. 2. Verskeie elemente van die diens word op hulle vlak hanteer. Ouers kan hulle voor die diens bring na die katkisasielokaal aan die westekant van die saal.
Kaartjies te koop:
Unieke handgemaakde kaartjies te koop by die kerkkantoor,
en elke Sondag by die kuimbuis.
Opbrengste gaan na die susterskas.
Gebed.
Met die asem van u Gees, o God, reinig U die hart en die denke van u kinders; troos U die wat treur; lei U hulle terug wat afgedwaal het; verwarm u met u liefde die harte wat koud geword het, bind U hulle wat verdeeld geraak het, weer saam…Skenk ons u lig sodat ons daarmee in ons, en voor ons, deur hierdie wêreld mag gaan sonder om te struikel of af te dwaal. – Desiderius Erasmus (15de eeu)
As genade ons nie anders maak nie, is dit nie die soort genade wat God die Vader aan sy uitverkorenes skenk nie. – Charles H Spurgeon
Verjaarsdae:
Hartlik geluk aan die lidmate wat hierdie week verjaar.
Ons wens u ‘n geseënde en vreugdevolle nuwe lewensjaar toe.
9 Oktober, Caréna Liebenberg, Belydend, 083-6218-7678, A3
10 Oktober, Marie Horn, Belydend, 012-804-8273, B2
Vergaderings hierdie week.
Dinsdag 8 Oktober: Bediening- en beplanningskommissie vergader om 19:00
Woensdag 9 Oktober: Bybelstudie 10:15
______________________________________________________________________________
Bid kinderlik tot God. Ons weet Christus het gesê ons moet soos kinders word. En sal `n Vader dan nie vir sy kind luister nie? – Andrew Murray
Saamsingaand 31 Mei 2024 – klankopnames
Ons onthou nog ons heerlike saamsingaand op 31 Mei saam met die orkes gedirigeer deur Bertie Wijburg . Die goeie nuus is dat daar CD en USB klankopnames nou beskikbaar is teen R80 elk. Jy kan sommer in jou motor na die pragtige orkes en sang luister. Skakel asb vir Carena as jy belangstel. Ons moet weet hoeveel ons hiervan moet laat maak. Die paar rand wins uit die verkope gaan na die kerkkas.
Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant 50 Jarige Fees
Dit is met groot dankbaarheid dat die Gereformeerde Kerk Pretoria-Alkantrant hierdie jaar ons 50ste bestaansjaar kan vier! Ter viering van hierdie geseënde mylpaal word daar vir die 2de November 2024, vanaf 11H00, ‘n feesgeleentheid beplan waar daar heerlik saamgekuier, gespeel, stories vertel asook ‘n Potjiekompetisie gehou gaan word.
Op Sondag 3 November om 09H00, vier ons DV die Heilige Nagmaal saam en ‘n spesiale musiekuitvoering word beplan waarmee ons alle lof, eer en dank aan ons Hemelse Vader wil toebring vir Sy groot genade oor ons gemeente.
Dit is met groot vreugde dat ons graag teenwoordigers van u gemeente wil uitnooi om hierdie feesnaweek saam met ons te kom vier.
Die program asook ‘n QR-skakel om te bespreek vir die verskillende dae word aangeheg.
Ons hoor graag voor of teen Sondag 6 Oktober 2024 of u die geleentheid sal bywoon.
Laat gerus vir Carena by die kerkkantoor weet as jy die geleentheid by Alkantrant wil bywoon.
Vir ons jeug.
10Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op ’n gelyk pad lei. Ps 143:10
Katkisasie
Die kinders doen vandag les 24.
Skoolvakansie
Die skole het die afgelope Dinsdag weer heropen vir die laaste kwartaal. Ons dink aan al ons skoolkinders en bid vir julle. Mag ons hemelse Vader julle elke dag lei en aan julle krag en moed gee vir julle werk en ander aktiwiteite. Mag Hy julle seën en beskerm in alles wat julle aanpak.
Gewysigde katkisasierooster vir res van die jaar.
22 en 29 September: Skoolvakansie
6 Oktober: Les 24
13 Oktober: Les 25 en Afsluiting
Filii Dei Jeugaksie – Laaste een vir die jaar.
18 Oktober 2024 – Afsluiting
Laat asb vir Caréna weet wie almal kom sodat ons genoeg voorbereiding kan maak vir almal. Sien julle daar!! (083-318-7678)
Kruiskind
Uitgawe 2 van Kruiskind is nou beskikbaar by die Admin Buro in Potchefstroom! Dit is te koop @ R30 een. Stuur ’n e-pos na hallo@kruiskind.co.za om te bestel of gesels met Wilna, Petro of Angie by 0182973986. As jy dit nie in Potchefstroom kan kom afhaal nie, sal daar afleweringskoste bykom – ons is bereid om dit met Pudo te stuur @ ongeveer R70 ’n pakkie. Het jy Kruiskind 1? Dit is ook beskikbaar by die Admin Buro @ R30.
Kontak ons: Kruiskind is beskikbaar per e-pos by hallo@kruiskind.co.za. Kontak gerus as jy vrae het of wil betrokke raak. Wat is Kruiskind? Dit is 20 bladsye propvol inhoud wat direk vanuit die Bybel saamgestel is. Die inhoud is pret én leersaam – dink aktiwiteite, inkleurprente, raaisels, woordpret en lesse vanuit die Bybel. Hierdie Kruiskind se tema is water in die Bybel. Kinders gaan onder andere leer oor Jesus wat ons lewende water is, die wonderwerk waar Jesus die storm stilmaak en ook hoe hy sy dissipels gekies het. Leer ook wat dit beteken om self ’n dissipel te wees. Agterin is ’n lekker vinnige bingo-spel