Vir ons Jeug
Kleuterbegeleiding.
Daar is weer vanoggend kleuterbegeleiding tydens die diens. Ouers kan kinders van 4 jaar tot gr 2 voor die diens neem na die katkisasielokaal aan die westekant van die saal waar verskeie elemente van die diens op hulle vlak hanteer word.
Katkisasie: As gevolg van die langnaweke, sal daar eers weer op 10 Mei katkisasie wees. Les 11 sal dan behandel word.
Filii Dei Jeugaksie:
Ons volgende byeenkoms is komende Vrydag 29 Mei. Hou solank die datum oop en nooi jou vriende.
Onthou om te laat weet wie kom almal.
Tannie Caréna 083-618-7678