Categories
Nuusbrief

Nuusbrief – 10 Mei 2026

2Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! 3Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde. Ps 100:2,3

Verwelkomingswoorde.

 

Dit is vir ons `n vreugde om vanoggend in ons erediens hier saam te kan wees. Mag die Here ons lei deur sy Heilige Gees sodat ons elkeen Hom waarlik sal ontmoet en met opregte harte sal dien en eer.  Mag ons dit wat ons vanoggend leer saamneem en uitleef in ons lewens elke dag. En kom ons gaan dra die Here se boodskap ook uit na ander wat Hom nie ken nie of van Hom wegbeweeg het.  Baie welkom aan almal – lidmate, kinders en besoekers.  

 

Ons erediens vanoggend:

Ontmoetingsdeel:

Sang: Ps 48:4 (1936, p 245)

Votum: Ps 100:2,3 (in Bybel)

Groetseën

Sang: Ps 103: 1,2 (1936, p 504)

Apostoliese Geloofsbelydenis

Sang:Lied 334: 1,3,4

 

Verootmoediging- en versoeningsdeel.  

Die Here se opdragte:Efesiërs 4: 25-5:2
Versoening:Efes. 5:2

Sang:Ps 86:3,6 (1936, p 432)

 

Woordgedeelte: 

Gebed

Sang:Ps 146:6 (1936, p 701)

Skriflesing:Lukas 23 : 26-34

Teksvers:Lukas 23: 34

Prediking met tema:

Jesus spreek van vergifnis teenoor sy oortreders, en volg ons Hom?

 

Antwoordgedeelte:

Sang: Sk 10-2 Onse Vader

Gebed

Slotsang:Lied 284: 1,2,3
Wegstuurseën

Sang(amen): Sk 13-2

 

Tema van die preek:

Jesus spreek van vergifnis teenoor sy oortreders, en volg ons Hom?

 

Ons begin vandag met `n reeks preke oor Jesus se sewe kruiswoorde.  Vandag gaan oor sy eerste kruiswoorde. Dit gaan oor vergifnis.  Hoe het sy hart gelyk teenoor die wat Hom gekruisig het. So totaal anders as wat mens sou verwag. Jesus se hart is vol van liefde en vol van vergifnis teenoor die wat Hom kruisig.  En wat van ons? Volg ons Hom na in hierdie opsig of bly ons maar verbitterd teenoor dié wat iets verkeerd teenoor ons gedoen of gesê het.  Hoe is dit moontlik om iemand waarlik te vergewe.

 

Kollektes:  Diakonale Dienswerk en Sustentasie

Katkisasie:  Les 11

Teeskink: A3 en B3

 

Hemelvaartdiens:

 

Daar sal Donderdagaand om 18:30 ‘n gesamentlike diens wees, saam met Meyerspark, by Meyerspark gemeente. Die diens sal gelei word deur Ds. Wicus.

 

Lief en leed.

 

Neeltjie Botha is tans in die Hazeldean Aansterkkliniek waar sy herstel na die onlangse heupvervangingsoperasie. Ons dank die Here vir die beterskap.  Oom Pieter Botha is nog in die Pretoria Oos Hospitaal in `n gewone saal. Hy het herstel van die longontsteking maar is nog nie sterk nie. Kom ons hou aan om vir hom voorbidding te doen.

 

Applous 2026 – Donderdag 14 Mei tot Saterdag 16 Mei:

 

Applous is nou lettelik om die draai! Hierdie is ons grootste fondinsamlings-geleentheid vir die jaar.  Ons gaan almal se hulp nodig hê, al is dit net vir ‘m uur hier en daar.

 

Ons benodig veral mans wat kan kom help, nooi gerus iemand saam!

 

Skakel met Eugene Eagleton (082-553-545), The Dewes (083-236-7120) of Caréna (083-618-7678)

 

Aandag almal wat die kombuis se fasiliteite gebruik!

 

1  Om skottelgoed af te droog
– gebruik asb slegs die afdroogdoeke uit laai 1.

2  Om skottelgoed te was

– gebruik asb die waslappe uit laai 2.

3  Om vuil oppervlaktes of items skoon te vee

– gebruik asb SLEGS doeke uit laat 3!

 

Dankie,  A3

 

Laat ons getuies wees na buite!

 

`n Sendeling is iemand wat op `n besondere manier deur die Here gestuur is om sy Woord aan ander te bring. Wanneer ons aan die woord sendeling dink, dink ons gewoonlik aan iemand wat na `n ver land gaan om daar sendingwerk te gaan doen. Dikwels is dit dan ook die geval.

 

Ons moet egter nooit vergeet dat ons almal as kinders van die Here in beginsel sendelinge is. Hy stuur ons elkeen as gelowige elke dag uit om sy ambassadeurs te wees in ons lewens, waar ons ookal is of beweeg. Daar in die skool tussen ander kinders en onderwysers, daar in die werkplek tussen ander mense, daar in die aftreeoord waar jy tussen ander beweeg…maak nie saak hoe oud ons is of waar ons ons bevind nie. Ons is almal elke dag God se sendelinge, sy gestuurdes, sy ambassadeurs, wat sy Woord en boodskap moet uitdra na ander rondom ons, gelowiges en ongelowiges, kerkmense en nie-kerkmense. Mag Hy ons hiervoor met krag en wysheid toerus deur sy Heilige Gees.

 

 

Kleuterbegeleiding.

 

Elke Sondag van die skoolkwartaal, uitgesonderd langnaweke,  is daar kleuterbegeleiding tydens die erediens beskikbaar vir kinders van 4 jaar tot graad 2. Verskeie elemente van die diens word dan op hulle vlak hanteer. Ouers kan die kinders voor die diens bring na die katkisasielokaal aan die westekant van die saal.   Ouers wat belangstel kan met Elizabeth Versteeg skakel (selno. 072 189 8499)

 

Gebed.

 

Here, dis dieselfde tong waarmee ons U loof en ons naaste beledig en beskinder. Dis met die een tong wat ons oor u liefde getuig en waarmee ons ons eie lof besing. Dis dieselfde tong wat beide seën en vervloeking uitspreek. O God, hoe kan daar uit dieselfde fontein vars en brak water kom? Dit bly `n raaisel hoekom ons wat kinders van God is, agter elke fluitspeler van hierdie wêreld aantou . En terselfdertyd, Here, bly dit `n onbegryplike wonder dat U ons nie toelaat om heeltemal weg te loop nie. Want groter as die raaisel van ons ontrou is die wonder van U trou. Groter as die raaisel van ons liefdeloosheid is die wonder van u liefde. Die liefde wat ons hier op aarde ken, Here, word so dikwels deur selfsugtige motiewe gedryf dat ons dit moeilik vind om u liefde te verstaan. Maar, Here, om myself te ken as `n geliefde van God, is dalk die moeilikste van alles om te glo. – Ockert Meyer.

 

 

Om iemand van harte te vergewe is `n daad van bevryding. Jy bevry die ander persoon van die negatiewe band wat daar tussen julle ontstaan het. En jy bevry jouself van die las om as die verontregte party te moet lewe. – Henri Nouwen.

_________________________________________________________________________

 

Verjaarsdae hierdie week.

 

Hartlik geluk aan die lidmate wat verjaar.

Ons wens jou ‘n geseënde en vreugdevolle nuwe lewensjaar toe

 

11 Mei, Ruan Kok, Belydend, 071-814-4820, A2

14 Mei, Anneloes Rosema, 082-562-8290, B3

 

Vergaderings hierdie week.

 

Woensdag 13 Mei: Bybelstudie 10:00

Applous: Don. 14 Mei tot Sat. 16 Mei

Donderdag 14 Mei: Hemelvaart

 

Die  bedienings- en beplanningskommissie vergader op Dinsdagaand 19 Mei.

 

Ons sendingshart: INDIË

 

Die vervreemding en vervolging van Christene in Indië bly intens.

Al Indië se Christen-gemeenskappe ervaar toenemende vervolging soos wat Hindoe-nasionalisme se invloed groei. Die nasionalistiese argument dat Christene vreemdelinge in die nasie is, stel Christene aan stelselmatige diskriminasie en geweld bloot.

 

Bekeerlinge tot die Christendom vanuit ʼn Hindoe-agtergrond ervaar die swaarkry van vervolging en word onder druk geplaas om na Hindoeïsme terug te keer. Daar is anti-bekeringswette in twaalf state, wat beteken dat die wet al meer gebruik word om die Christelike minderheid te vervolg eerder as te beskerm.

_________________________________________________________________________

 

Die mens wat vergewe is die mens in sy edelste oomblikke, want om te vergewe is om groot te wees; daarom vergewe `n lafaard nooit. Waarom ek kan vergewe en ook moet vergewe? Omdat ek vergewe is – deur Hom. – Johan Heyns

 

 

Geseénde Moedersdag aan al die moeders in ons gemeente.
Mag julle heerlik bederf word.

 

Vir ons jeug.

 

6Ek hou vas aan u troue liefde, oor die uitkoms wat U gee, juig my hart. Ek wil sing tot eer van die Here, omdat Hy aan my goed gedoen het. Ps 13:6

Katkisasie.

Les 11

 

Filii Dei Jeugbyeenkoms:

 

Ons volgende byeenkoms is komende Vrydag 29  Mei.  Hou solank die datum oop en nooi jou vriende.

Onthou om te laat weet wie kom almal.

 

Tannie Caréna 083-618-7678