7Hy is ons God en ons is sy volk, sy kudde, sy skape, deur sy hand versorg. As julle vandag maar na Hom wou luister: Ps 95:7
Verwelkomingswoorde.
Dit is vir ons `n vreugde om vanoggend in ons erediens hier saam te kan wees. Mag die Here ons lei deur sy Heilige Gees sodat ons elkeen Hom waarlik sal ontmoet en met opregte harte sal dien en eer. Mag ons dit wat ons vanoggend leer saamneem en uitleef in ons lewens elke dag. En kom ons gaan dra die Here se boodskap ook uit na ander wat Hom nie ken nie of van Hom wegbeweeg het. Baie welkom aan almal – lidmate, kinders en besoekers.
Ons erdiens vandag:
Ontmoetingsdeel:
Sang: Ps 65: 2,3 (1936, p 314)
Votum: Ps 95:7 (in Bybel)
Groetseën
Sang:Lied 191:1,2
Apostoliese Geloofsbelydenis
Sang:Lied 169:1,2
Verootmoediging- en versoeningsdeel.
Die Here se opdragte: Eksodus 20-tien gebooie
Versoening:Efes. 2:8-10
Sang:Ps 99:2,5 (1936, p 492)
Woordgedeelte:
Gebed
Sang:Lied 255: 1
Skriflesing:Matteus 6:5-15
Teksvers: Matteus 6:9
Prediking met tema:
Laat U Naam geheilig word – ons bede en opdrag!
Antwoordgedeelte:
Sang: Ps 97:6,7 (1936, p 485)
Gebed
Slotsang:Ps 33: 1,2,11 (1936, p 157, tweede melodie)
Wegstuurseën
Sang(amen): Sk 13-2
Tema van die preek:
Laat u Naam geheilig word – ons bede en opdrag!
Jesus het dikwels sy volgelinge en dissipels oor gebed onderrig. Ook in ons Skrifgedeelte sit ons by sy voete terwyl Hy ons leer om te bid. Die Onse Vader is die gebed wat Hy ons hier leer bid het. Sommer heel vroeg in die gebed leer Jesus ons bid oor die heiligheid van God se Naam.
Wat sou hierdie bede beteken – Laat u Naam geheilig word. En wat is ons verantwoordelikheid met betrekking tot die heiliging van God se Naam?
Kollektes: Diakonale Dienswerk en Gemeente Uitgawes
Katkisasie: Geen
Teeskink: Vrywilligers
Lief en leed.
Neeltjie Botha is nog in die Wilgers Hospitaal nadat sy die afgelope Sondag `n heupvervangingsoperasie ondergaan het. Sy is al heelwat beter maar sukkel tans met lae bloeddruk.
Oom Pieter Botha is nog in die hoësorgsaal van die Pretoria Oos Hospitaal waar hy vir longontsteking behandel word. Daar is ook by hom al beterskap alhoewel hy steeds baie siek is. Kom ons hou aan om vir hulle voorbidding te doen.
Laat ons getuies wees na buite!
Wanneer ons dink aan ons roeping om getuies vir die Here te wees dink ons dikwels aan woorde aan mense wat buite die kerk staan of nie glo nie. Tog moet ons ook getuies wees teenoor medegelowiges in die gemeente en in ons huise. Wanneer ouers in `n huis hulle kinders leer uit die Here se Woord is hulle Christus se getuies. Wanneer `n kind `n waarheid uit die Skrif vir `n boetie , sussie of ouer deurgee, is hy of sy Christus se getuie!
Dikwels in die gemeente het ons ook geleenthede om Christus se getuies te wees en sy boodskap met ander te deel. Wanneer ons medegelowiges in die gemeente swaar kry of deur beproewings gaan is dit vir ons `n geleentheid om die waarhede van die Skrif met hulle te deel en hulle so te bemoedig. Dan is ons Christus se getuies! Soms sal dit selfs nodig wees om `n medegelowige terug te roep na die regte paaie van die Here wanneer hy of sy in `n bepaalde sonde volhard en vasval. Dan is ons Christus se getuies! Mag ons elke geleentheid benut wat die Here vir ons gee om sy getuies te wees, ook teenoor ons huisgenote en ons medegelowiges in die gemeente.
Kleuterbegeleiding.
Elke Sondag van die skoolkwartaal, uitgesonderd langnaweke, is daar kleuterbegeleiding tydens die erediens beskikbaar vir kinders van 4 jaar tot graad 2. Verskeie elemente van die diens word dan op hulle vlak hanteer. Ouers kan die kinders voor die diens bring na die katkisasielokaal aan die westekant van die saal. Ouers wat belangstel kan met Elizabeth Versteeg skakel (selno. 072 189 8499)
Gebed.
Here, dis dieselfde tong waarmee ons U loof en ons naaste beledig en beskinder. Dis met die een tong wat ons oor u liefde getuig en waarmee ons ons eie lof besing. Dis dieselfde tong wat beide seën en vervloeking uitspreek. O God, hoe kan daar uit dieselfde fontein vars en brak water kom? Dit bly `n raaisel hoekom ons wat kinders van God is, agter elke fluitspeler van hierdie wêreld aantou . En terselfdertyd, Here, bly dit `n onbegryplike wonder dat U ons nie toelaat om heeltemal weg te loop nie. Want groter as die raaisel van ons ontrou is die wonder van U trou. Groter as die raaisel van ons liefdeloosheid is die wonder van u liefde. Die liefde wat ons hier op aarde ken, Here, word so dikwels deur selfsugtige motiewe gedryf dat ons dit moeilik vind om u liefde te verstaan. Maar, Here, om myself te ken as `n geliefde van God, is dalk die moeilikste van alles om te glo. – Ockert Meyer.
As God met jou handel, sal daar `n diepgaande graad van suiwerheid in jou lewe wees wat heeltemal anders is as wat die wêreld kan voortbring. Die wêreld en die mense naaste aan jou sal oortuig wees dat jy `n heilige God aanbid as hulle jou toegewyde lewe sien. – Henry T en R Blackaby
_________________________________________________________________________
3 Mei, Anél Möcke, Belydend, 063-682-5669, A2
5 Mei, Corrie Sweers, Belydend, 082-337-0031, C2
5 Mei, Ds. Wicus vd Vyver, Belydend, 083-478-4219, B3
7 Mei, Rentia Booyens, Belydend, 082-378-4219, C3
8 Mei, Bertus Smit, Belydend, 082-830-8124, B3
8 Mei, Frans Ras, Belydend, 082-412-7771, B3
Vergaderings hierdie week.
Geen
_________________________________________________________________________
Ons moet ons hele lewenspraktyk yk op God se heiligheid: sy heiligheid is ons model. In die praktyk kom dit daarop neer dat jy as gelowige met alles wat jy is en het, in diens van God staan. – Die Bybellennium
Ons sendinghart: FEBA Radio
Vandag stel ek julle voor aan FEBA radio. Die organisasie bestaan reeds 80 jaar, maar in Suid-Afrika slegs 30 jaar.
Hierdie organisasie versprei die evangelie dwarsdeur die wêreld en bereik areas wat soms vir hulle onbekend is. Een van die laaste senders wat opgerig is is êrens in die Baaltiese see, wat tot luisteraars in Noord Korea lok. Hulle kry talle briewe van mense wie se lewens verander is en so bloodgestel is aan de woord van God, wat andersins nie eers ‘n Bybel kan bekom nie.
Hier is ‘n uittreksel uit ‘n brief wat aan FEBA Thailand gerig was:
“I listen to FEBC’s program every day. It’s great to receive encouragement from the program. I would like to request a Bible and your Bible Correspondence Course. I want to know and understand more about God.”
FEBA beskik oor digitale Bybels wat in verskillende
tale beskikbaar is en wat na sulke mense versprei word.
Hulle funksioneer net van fondse wat van mense kom
wat bydraes maak. Nie almal van ons kan dit doen nie,
maar God gee ons altyd vrye toegang tot Hom om vir
sulke mense en organisasies te bid. Laat ons altyd hierin
getrou bly!
Vir ons jeug.
7Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees. Ps 11:7
Katkisasie.
Geen katkisasie a.g.v die langnaweek.
Filii Dei Jeugbyeenkoms:
Ons volgende byeenkoms is komende Vrydag 29 Mei. Hou solank die datum oop en nooi jou vriende.
Onthou om te laat weet wie kom almal.
Tannie Caréna 083-618-7678